We do not have a sample of this song ):

Spoegwolf's picture

Bring My Geweer

(View album: Droombrief)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2217 views

play button



40% accurate

Bring my geweer
Bring my dogter ook
Ek wil haar een keer sien
Ek het wakker gelê
En jou in skrefies gehou

As ek veloor
Dra my na die boom
Waar valke gereeld gaan sit
Ek en my broers
Sal mekaar weer gaan soek in die wind

Sal my waarheid hou tot by jou
Waarook al jy is nou
Ons was drenkelinge, enkelinge
Saam word die stroom ons rus

Trek af die gordyn
Maak die ysterkis oop
Ek't haar boek daarin gesit
As sy dit weer lees
Sal ons weef aan mekaar in die wind

Gaan haal vir Ben
Hy moet leer hoe on die perde van die veld in te breek
Hy's ook daardeur
Maar Heer, daar's nog wild wat in hom steek

Sal my waarheid hou tot by jou
Waarook al jy is nou
Ons was drenkelinge, enkelinge
Saam word die stroom ons rus

Voor ek op wind vertrek
Bring eers my perde weer na die water
Drink en wees verlig
Roep al my mense dan om my nader
Dra die kinders in
Hier gaan die engele nou vergader
Hand aan hand loop ons huistoe
Vlerk an vlerk gaan ons na dir Vader
Hang my hoed aan die spyker
Begrawe al my verwyte
Ek sien hoe naby my tyd is
So kom ons kry laaste kyke
Ek weet jou hart is nog myne
Jy was met liefde nooit suinig
Ek voel 'n fok vir die duiwel
Lig wen die stryd in die einde
Is al my sondeds vergewe?
Belowe? Hand op die Bybel?

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..