We do not have a sample of this song ):

Riana Nel's picture

By My

(View album: Die Moeite Werd)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2574 views

play button



40% accurate

Die deur swaai oop, Hy sê vir my
Aspoestertjie jy's myne
En selfs in sak en as is jou
Skoonheid sonder einde

En in sy oë is ek verlore
Ek sukkel om te staan
Maar wie sou ooit kon raai dat hy
Sou sê dat hy sou bly

By my vanaand
Bly by my vanaand
Voor die oggend jou hier by my kry
Sê jy sal bly vanaand
Bly by my vanaand
Die ure in die glas loop vinnig uit
En al wat ons wil hê is tyd

En maak dit saak die aand is verby
Maar dis lank nog nie die einde
Die sprokie het toe waar geword
Kan jy glo ek is nou syne

Die sekonde wyser slaan alweer
Maar tyd is nou ons vriend
En wie sou ooit kon raai dat hy
Sou sê dat hy sou bly

By my vanaand
Bly by my vanaand
Voor die oggend jou hier by my kry
Sê jy sal bly vanaand
Bly by my vanaand
Die ure in die glas loop vinnig uit
En al wat ons wil hê is tyd wat nooit uitloop nie
En liefde wat vertrou
En selfs hier in my swakheid
Sal ek aan hom bou

Jy sal bly by my
Bly by my vanaand
Voor die oggend jou hier by my kry
Jy sal bly vanaand
Bly by my vanaand
Die ure in die glas loop vinnig uit
En al wat ons wil hê is tyd

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..