We do not have a sample of this song ):

Straatligkinders's picture

Die Avontuur Van 'n Hartbreek

(View album: Bloeisels)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  1254 views

play button



40% accurate

Jou hart klop vinniger
Jou polse sweet, my polse sweet
Asemhaling raak stadiger
Jou hande bewe, my hande bewe

Worstel met my gedagtes
Jy glimlag breed, ek glimlag breed
Wees braaf en wees jouself
Jy het my naam, ek het jou naam

Kom kom kom nou saam
Ons dans oor die sterre en die maan
Moet net nie so bang wees nie
Moet net nie so skaam wees nie
Sien sien sien jy my
Ek's besig om oor planete te gly
Moet net nie so bang wees nie
Moet net nie so skaam wees nie

Tragedie tref ons harte
Jy soek meer en ek soek minder
Niks is meer dieselfde nie
Jou polse sweet nie, my polse sweet nie

Is dit nou hoe dit gaan eindig
Jy's onseker Jy's onseker
Dis nie nodig om spyt te wees nie
Want spyt steel tyd van die Avontuur

Kom kom kom nou saam
Ons dans oor die sterre en die maan
Moet net nie so bang wees nie
Moet net nie so skaam wees nie
Sien sien sien jy my
Ek's besig om oor planete te gly
Moet net nie so bang wees nie
Moet net nie so skaam wees nie.

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..