We do not have a sample of this song ):

Laurika Rauch's picture

Die Ballade van Jakob F. De Beer

(View album: Chris Se Trefferliedjies)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2422 views

play button



40% accurate

In die Kamdeboo kontrei was ons vrolik, jonk en vry
Waai westewinde waai
In die Kamdeboo kontrei het ons donkiekar gery

Draai donkie donkie draai

Jakob F. de Beer, windpompingenieur
Reis van plaas tot plaas in sy donkiewa
As die westewinde waai, moet silwer speke draai
Draai silwer speke draai

Jakob, pasop
Die wind kan skielik draai
Jakob, Jakob
Die westewind is kwaai

Hannetjie du Plooy, byna byna mooi
Draai westewinde draai
As die dansorreltjie kreun, sit Hannetjie alleen
Draai draai draai tiekie tiekie draai

'N Donkie en sy baas kom aan op 'n nuwe plaas
Hannie lyk vir Jakob al te mooi
Na 'n week of wat ken die donkie ook die pad
Draf draf donkie donkie draf

Jakob, pasop
Die wind kan skielik draai
Jakob, Jakob
Die westewind is kwaai

Op 'n dag in die Kamdeboo is Hannie windpomp toe
Draai donkie donkie draai
Skeef langs die yster leer, lê Jakob F. de Beer
Waai waai weste winde waai

Jakob, pasop
Die wind kan skielik draai
Jakob, Jakob
Die westewind is kwaai.

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..