Nou ek is ou Jonas
Ekke het hom die Bokke
Ek het hon gekoop
Vir daardie Bokke die klokke
Nou die klokke hy lui
As die bokke hy wei
Nou ek hoor hom te mooi
Hom waar die bokke hy bly
Maar die skêlm het bekom
Hy het die klokke gesteel
Hyt gevat hom die klokke
By die bokke se keel
Nou ek sukkel so baie
Ek moet oppas die bok
Wie het gevat hom daardie bokke se klok
Wie het die dieng-dong wie het die klok
Wie het die dieng-dong wie het die klok
Wie het gevat hom af by die Bok,
Wie het gevat hom daardie Bokke se Klok
Eish waar hy is ?
Ek het baie gesoek hom
Maar ek kan hom nie kry nie
Ek hoor hom nie mooi nie
Waar die bokke hy bly nie
Nou ek sukkelso baie
Ek moet oppas die bok
Wie het gevat hom
Daardie bokke se klok
Wie het die dieng-dong wie het die klok
Wie het die dieng-dong wie het die klok
Wie het gevat hom af by die Bok,
Wie het gevat hom daardie Bokke se Klok
Eish ek soek hom ek kry hom hys weg
Nou my bene hys vol van die rêtelmatiek
Ekke voelê so sleg ekke voelê so siek
Nou ek sukkel so baie ek moet oppas die bok