Oh ek onthou nog daardie dag
Die dae met die ysterwiel kruiwa
Oh hy stoot so swaar en ons moet altyd jag die werk moet klaar*
En daai ysterwiel was so swaar soos lot en na skool moes ons kruiwae stoot
So krom krom so het ek geloop die bovil* op my rug is van kruiwa stoot
So't ons gestoot vir daardie dae so't ons gestoot met my kruiwa
Die stootery was swaar daai dae
Die dae van die ysterwiel kruiwa
So't ons gestoot vir daardie dae so't ons gestoot met my kruiwa
Die stootery was swaar daai dae
Die dae van die ysterwiel kruiwa
Ek kan vandag steeds my pa hoor hy sê: (Stoot daar voor ons moet die * oor)
En ons was gemoor met daai kruiwa en praat jy tie kry jy slaan*
En daai ysterwiel was so vreeslik swaar
En ons klomp kinders vreeslik maer
Die son was warm die sand was dik en daar in die bosveld het ek leer bid
Ek dink soms terug aan daardie dae
En wat her geword van daai kruiwa en my kwaai pa is lankal dood
Ek glo daarbo met 'n kruiwa stoot
En vandag nog is daar fout met my kop
Die dokter sê ek lei ann kruiwa skok
En nooit sal ek weer agter 'n kruiwa loop want ek het genoeg in my lewe gestoot