We do not have a sample of this song ):

Laurika Rauch's picture

Die Gang

(View album: Chris Se Trefferliedjies)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2430 views

play button



40% accurate

In die donker gang is 'n lig wat skyn
Maar die vlam is delikaat en fyn
En ek het verlang na die lentetyd

Op my oom se plaas sonder elektrisiteit

My tannie sê: "My kind, my kind
Die liefde en die motte is blind
Vanmelewe se dae in die lentetyd
Was daar wel, ja, wel 'n bietjie elektrisiteit"
Diep in die donker gang het ek na iets verlang
Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn
En soos die aarde draai, sal 'n haan weer kraai

In die donker gang is 'n skildery
Van de Wet, Cronjé en De la Rey
En die perde se oë het moeg gelyk
Want die strewe na vrede is 'n eindelose stryd

Laat een aand word die nag soos dag
Soos die storm bars met al sy krag
En ek het in die gang weggekruip
Want ek was so bang vir die elektrisiteit

Diep in die donker gang het ek na iets verlang
Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn
En soos die aarde draai, sal 'n haan weer kraai

In die donker gang word die vlam weerkaats
In die prente waar die skadu's dans
Maar die vlam is delikaat en fyn
En dit kan soos 'n dief in die donker nag verdwyn.

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..