We do not have a sample of this song ):

Laurika Rauch's picture

Die Kinders Sing Saam

(View album: Chris Se Trefferliedjies)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2415 views

play button



40% accurate

Ons draai weer van die teerpad af
Die tafels is uit sement gemaak
Ver van die stad en die lug is skoon

Tussen die tafels is 'n peperboom
Tussen die tafels is 'n peperboom

Ja, my kind ons is amper daar
Net so ver soos verlede jaar
Klim nou uit aan die ander kant
Bly net weg van die groot teerpad
Bly net weg van die groot teerpad

Die kinders sing saam
Wat is jou naam?
Wie weet hoe om skape te tel?
Waar kom jy vandaan?
Waar slaap die maan?
Kan jy jou ouers se name al spel?

Wat kom nou, wat kom nou hier aan?
Kyk dit loop dat die stof so staan
Nee, my kind dis 'n donkiekar
Tussen die wiele draai 'n ewenaar
Tussen die wiele draai 'n ewenaar

Hul parkeer langs die peperboom
Tussen die donkies is 'n disselboom
Die kinders klim van die karretjie af
Tussen die heining en die groot teerpad
Tussen die heining en die groot teerpad

Ma, kan ons nog 'n rukkie bly?
Nee, my kind, ons het ver om te ry
Dis die tyd van die rooi turksvy
Hulle het gesê ons kan hierdie twee kry
Hulle het gesê ons kan hierdie twee kry

Klim in die motor laat die wiele draai
Spring op die wa en die kinders waai
Ja my kind ons is amper daar
Tussen die wiele draai 'n ewenaar
Tussen die wiele draai 'n ewenaar.

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..