We do not have a sample of this song ):

Foto na Dans's picture

Die laaste bedryf

(View album: Pantomime op Herwinbare Klanke)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2210 views

play button



40% accurate

Ek is moedeloos gepraat
My woorde jare terug verstryk
Dof en ydel
Klankloos voor dit jou bereik

My angs word vererger
Dit raak my ooier
En dit maak nie sin nie
Dit maak my seer

Wees net menslik vir 'n wyle
En absorbeer wat ander bied
Dit sal jou oë laat brand
En deur jou are skiet

Dis die oomblik wat
Eerder opstaan vir
Al hier hierdie oorlogsbruid
Waar ek en jy saamsing

Ek verkondig mos 'n nuwe
Weens jou sprokieverhaalbestaan
Vertel my nog van my karakter
My identiteit het jou ontgaan

Soos swerwers sit hul vas
Het hy wat buite sit
Dis al soveel jare sedertdien
Ek weet nogsteeds nie waar ek hoort

Soos 'n kind wat huil vir sy moeder
Wil ek die sluier tussen ons lig
Uit die oog, uit die hart
Ek bly self vergete

Wees net menslik vir 'n wyle
En absorbeer wat ander bied
Dit sal jou oë laat brand
En deur jou are skiet

Dis die oomblik wat
Eerder opstaan vir
Al hier hierdie oorlogsbruid
Waar ek en jy saamsing

Ek verkondig mos 'n nuwe
Weens jou sprokieverhaalbestaan
Vertel my nog van my karakter
My identiteit het jou ontgaan.

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..