We do not have a sample of this song ):

Elvis Blue's picture

Die tafel

(View album: Erens in die middel van nerens)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  1902 views

play button



40% accurate

Voel jy jy val deur die krake?
Sukkel jy om vas te hou?
Soek jy na 'n anker?
Soek jy hoop om aan vas te klou?
Ons gaan eendag saam om 'n tafel kan sit
Als wat donker is sal moet staan in die lig
Ons vreugde en ons blydskap sal nooit weer hoef te swyg
As ons eendag saam om die tafel gaan sit
Vertrou jy op hoë mure?
Om die vreemde uit te hou?
Jy kan weier hier om 'n ander man se hand te vat broer
Onthou die ewigheid kom gou
En ons gaan eendag saam om 'n tafel moet sit
Als wat donker is sal moet staan in die lig
My en jou geheime sal nooit weer kan swig
As ons eendag saam om die tafel moet sit
Moes jy al totsiens se vir liefde?
Ken jy die seer van die dood?
Wie sal kom wie sal ons trane afvee?
Wie sal kom wie sal ons trane afvee?
Ons gaan almal saam om die tafel kan sit
Ons trane sal verdwyn in die Hemel se lig
Ons vreugde en ons blydskap sal nooit weer hoef te swig
As ons eendag saam om die tafel gaan sit

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..