We do not have a sample of this song ):

Foto na Dans's picture

Dowwe blou beleid

(View album: Pantomime op Herwinbare Klanke)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2212 views

play button



40% accurate

Verlaat die stad en reageer op blou
Ons is konstant omring met 'n landskap wat jou
Onverwags saamsleep
En wyse bome wat hier reg voor jou ontvou
Hier sluimer en daar versigtig versteek
In seer lê daar gewoonlik
Besit van 'n heimlike verhaal
'n boodskap vol kleure en potensiaal
Bekroon die wagter
Wie ons nader gaan lei
Aan volmaaktheid
Waar ons mekaar weer sal vermy

In sy struikel na onder sien hy iets verbyflits
Dryf in wonder die figuur wat hy vermis
Duidelik gekry verblind in wonder
Argeloos verdwaal
Onbetwis
Met pen en papier probeer hy beskryf
Hoe ons net verder weg gaan dryf
Verlate gekyk aan 'n oorywerige
Oorwaande beswyk
Teen 'n groot rooi muur het sy gesit en kreun
Verwyderd en soms sielalleen
Sensitief jou dowwe blou beleid
Deur anale uitgesluit

Teen 'n groot rooi muur het sy gesit en kreun
Ver verwyderd en stoksielalleen
Teen 'n groot rooi muur het sy gesit en kreun
Ver verwyderd emosies versteen
Ek hoor jou nie
Ons hoor jou nie

Met pen en papier probeer hy beskryf
Hoe ons net verder weg sal dryf
Verlate gekyk, huiwerig
Oorborge beswyk
Verstoteling
Eens verboei
'n Ontmoeting enig in sy soort
Verewig hierdie besef
Wat ons van mekaar sal hê.

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..