Die wéreld is so groot
Al is jy nog so klein
Baie avonture wag op jou en my
Daar’s dorings op jou pad
Maar stap moet jy dit stap
Dit sal jou sterkter maak
Belowe my net een ding
Reg aan die begin van jou reis
Droom met oop oë my kind
Vlieg hoër as die wind
As jy dit regkry
Kom en vertel my
Ek sal jou glo
Met oop oë
Droom groter as wat jy is
Jy moet aanhou glo beslis
Daar’s rose tussen die dorings
Al raak die lewe bittersoet
Luister na goeie raad
Daar’s meer goed as kwaad
Belowe my net een ding
Reg aan die begin van jou reis
Droom met oop oë my kind
Vlieg hoër as die wind
As jy dit regkry
Kom en verstel my
Ek sal jou glo
As jy dit regkry
Kom en verstel my
Ek sal jou glo
Met oop oë.