We do not have a sample of this song ):

Riana Nel's picture

Ewigheid

(View album: Sterker)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2643 views

play button



40% accurate

Ek voel elke druppel val op die stoel waar ek sit en ek en jy vergeet van tyd
Daar's 'n rede hoekom almal nie buite sit om te kyk hoe die hemele lyk
Daar's 'n skoonheid in die lug wat jy nie kan mis as jy jou oë bly oophou
Is jy reg om te val vir my as ek val vir jou?

Al vat dit 'n ewigheid
Tot die hele wêreld vir ons kyk
Vir 'n ewigheid
Saam met jou tot die einde van tyd
Ek gee my hele hart net vir jou
Net om jou hele hart vas te hou
Vir 'n ewigheid
Van nou
Om 'n lewe saam te bou

Ek klou vas aan die gedagte met die sentiment dat ons bedoel is om te wees
Daar is weerlig in die lug en die wind waai deur my veld
En selfs deur my vlees
Ek is nugter oor die feit dat jy nog moet besluit, en ek probeer nog uithou
Is jy reg om te val vir my as ek val vir jou?

En ons vind ons self in die middel van 'n leeftyd saam, soveel beter af as alleen
As alleen
So ek asem in, en jy asem uit, dis 'n keuse vir 'n ewigheid, jy's dié een
Jy's dié een

Om 'n lewe saam te bou
Net om jou hele hart vas te hou
Vir 'n ewigheid saam met jou
Om 'n lewe saam te bou

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..