We do not have a sample of this song ):

Theuns Jordaan's picture

Groet Sonder Woorde

(View album: Kouevuur - Die musiek van Koos du Plessis)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2634 views

play button



40% accurate

Laat ons nie praat nie, die tyd is verby,
Niemand is kwaad nie en albei is vry.
Kom kyk deur die ruite, die nag staan in blom, Woorde hoort buite, want hartseer is stom.

Lê jou kop hier teen my skouer
Laat jou hart sy paaie gaan
Stilweg word ons wys en ouer
Eendag sal ons dalk verstaan.

Maar tot die ryp kraak onder skoene
Wat geen ander haard of tuiskoms ken
Gun ek my nog visioene
Van een wat die hele wêreld wen.

Jy hoor my nie meer nie, ek sê maar totsiens
Ek sal jou nie steur nie, ek loop ongesiens,
Want jy is in oorde waar drome nog blom,
Ek groet sonder woorde, want hartseer is stom.

En jy is in oorde waar drome nog blom,
Ek groet sonder woorde, want hartseer is stom.

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..