Ver anderkant jou nat wintersaande
Jou berge, jou fynbos en jou strande
Oor die verte wil my hart aan joune raak
En my sleep tot hier by jou, ou Kaap
Dan verdwaal ek in die purper van ‘n glas
En die donker word my jas
Jou bloed wat deur my lyf baljaar
Loop warm oor my ou kitaar
En ek wens ek kon jou saamdra in my tas
Hoog soos die lig van die nuwemaan
Dans my harte met die sterre bo Langebaan
Voor dit vir ‘n rukkie in die straat
Voor Pearly’s staan
En die gypsies van die Kaap verlang
Na die reën wat uit die wolke hang
En die son wat halflyf in die water staan
Dan droom ek in gediggies
Oor Langebaan se liggies
Verlang kruip stadig teen my op
En die wind ruk crazy crazy
Jou Namaqualand se daisies
En jou vissers bootjies prentjie in my kop
Hoog soos die lig van die nuwemaan
Dans my harte met die sterre bo Langebaan
Voor dit vir ‘n rukkie in die straat
Voor Pearly’s staan
En die gypsies van die Kaap verlang
Na die reën wat uit die wolke hang
En die son wat halflyf in die water staan
En die gypsies van die Kaap verlang
Na die reën wat uit die wolke hang
En die son wat halflyf in die water staan
As die skarrel van die dag my af gaan laai
Sal my drome laer trek naby Jacobsbaai.