Rustig deur die winterwind
Weeklink die stilte oorverdowend
Die aand is jonk, die vuur verdrink
Ouer beelde, gister s’n
Breek die dag, die koord van lewe
Brand soos kole oor die bosveld heen
Geel vandag word bruin verbind
Die lewe van môre binne-in
Die doringveld, die soet-soet geur
Gaan slaap met die val van somerreën
En iewers met die voetpad langs, kruis spore
Diep getrap deur jou en deur my
Deur die hartland van die raasblaar
Waar ek vir jou kom kry
Waar helder strome kranse bind
Weergalm stiltes oorverdowend
Die dag raak oud, die lig bring dou
Dis laatherfs hier saam met jou
Die koue vuur, die oggend in
Verteer ou beelde gister s’n
Die dag is jonk, die lig is koud
Die vlamme voor my skitter goud
En iewers met die voetpad langs, kruis spore
Diep getrap deur jou en deur my
Deur die hartland van die raasblaar
Waar ek vir jou kom kry
En iewers met die voetpad langs, kruis spore
Diep getrap deur jou en deur my
(Diep getrap deur jou en deur my)
Deur die hartland van die raasblaar
Waar ek vir jou, waar ek vir jou kom kry.