Daar is ‘n huis
‘n Normale huis op die heuwel
Op die heuwel
Daar binne wandel jy
Die beste deel van my lewe
Vêr van die stede
Ongeveer ‘n duisend keer
Die gang se mure ingekleur
Na bewings het ons net maar weer
Die krake mooi gerestoreer
In die hart van daardie huis
‘n Sirkelvenster sterkombuis
Ek mis dit soms en dis nou juis
Waarom ek altyd terug sal reis
Ek en jy
Drie engele
My note vals
Jy stem hulle
Sal ewig nommer 16
Tussen ander syfers sien
Maar nou is als te koop
En ek maak reg om weg te loop
Dit voel so onmoontlik
Ek’t gewoontlik my tas half gelaai
Die sleutel moet maar draai
Elke bladsy moet omblaai
My beste lê in bokse
Ek was nog nooit goed met waai nie
My huis op die heuwel, my Versailles
Iets half gebou sal nooit
Nooit ooit kan hou
Teen die winde
Hier te vinde
Te mooi om af te skou
Te groot vir onderhou
Dis blinde
Gekose onkunde
Ongeveer ‘n duisend keer
Die gang se mure ingekleur
Na bewings het ons net maar weer
Die krake mooi gerestoreer
In die hart van daardie huis
‘n Sirkelvenster sterkombuis
Ek mis dit soms en dis nou juis
Waarom ek altyd terug sal reis
Ek en jy
Drie engele
My note vals
Jy stem hulle
Sal ewig nommer 16
Tussen ander syfers sien
Maar nou is als te koop
En ek maak reg om weg te loop
Dit voel so onmoontlik
Ek’t gewoontlik my tas half gelaai
Die sleutel moet maar draai
Elke bladsy moet omblaai
My beste lê in bokse
Ek was nog nooit goed met waai nie
My huis op die heuwel, my Versailles