We do not have a sample of this song ):

Theuns Jordaan's picture

Jantjie van die Berge

(View album: Kouevuur - Die musiek van Koos du Plessis)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2578 views

play button



40% accurate

Lank gelede by die kloof
Aan die Magaliesberg se hang
Toe diè wat dit vertel nog kinders was

Het 'n siel geswerf wat kind was
Maar op sy manier 'n man
Gebore om die berge op te pas

En as die donderwolke saamsweer
Teen die kranse by die kloof
En die dag word soos 'n sterrelose nag
En die dreuning van die donder elke ander klank verdoof
Het almal op sy vreugdeslied gewag

Want die kranse was sy mure
En die hemel was sy dak
En sy vriende was die donder en die reen
En wanneer hy klippe bergaf rol
En doringboompies knak
Was hy die berg die storm alles een

En die bliksem skeur die hemel
En die wind se wolwehuil
Nooi die berg se stroefste bome vir die dans
En mens en dier wat vreesbevange
Teen die storm skuil
Hoor sy lied weerklink van krans tot krans

Lank gelede by die kloof aan die Magaliesberg se hang
Na nagte teen die kranse in die reen
Het 'n siel gesterf wat kind was
Maar op sy manier 'n man
En daarna was die berge weer alleen

Tog die mense die vertel my
As jy op 'n stormnag
Sy spoor vat teen die krans uit en daar skuil
Hoor jy soms iemand iewers bo die donderslae lag
En somtyds weer dan hoor jy iemand huil.

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..