My lippe is droog, dit brand in my keel
Ek soek jou lafenis, jou salf wat heel
My voete brand op dorre grond
Gee my jou koelte gou, jy maak gesond
Jy is die yskoue water op ‘n warm dag
Ek is die kurkdroë grond wat na jou smag
Jy is die reën uit die hemel waarvoor almal wag
Jy’s water

Jy is die reën uit die hemel wasrvoor almal wag
Jy’s water, Jy’s water
Jy’s water
Gooi jou storm op my neer
En hou aan vloei al maak dit seer
Val op my waar ek staan
Wees die oase
Waarheen ek gaan
Jy is die yskoue water op ‘n warm dag
Ek is die kurkdroë grond wat na jou smag
Jy is die reën uit die hemel waarvoor almal wag
Jy’s water
Jy is die yskoue water op ‘n warm dag
Ek is die kurkdroë grond wat na jou smag
Jy is die reën uit die hemel waarvoor almal wag
Jy’s water
As die wind jou weg sou waai
Sal die aarde ophou draai
Sal die grond weer kraak en skeur
Maar reën oor my tot dit gebeur
Jy is die yskoue water op ‘n warm dag
Ek is die kurkdroë grond wat na jou smag
Jy is die reën uit die hemel waarvoor almal wag
Jy’s water
Jy is die yskoue water op ‘n warm dag
Ek is die kurkdroë grond wat na jou smag
Jy is die reën uit die hemel waarvoor almal wag
Jy’s water, Jy’s water.