Jy sit jou kop op my skoot
Ek buk af
Ek soen jou wang
Wel, ons't n jaar laas gepraat
En jy gaan haal
Al daai klein blou boekies
Danie, jy moet skryf
Skryf vir my
(Albert Vuurwolf)
Maar dis moeiliker op die kantlyn
Waar jy kan sien dat skip aan't brqnd zijn
En die tandpyn van verstand kry
Gaan vir n lang tyd aan die gang bly
Maar die bang kry nie die brood nie
Hulle sink saam met die kaptein
En die land bly vir die muiters om te vind
Swart vlag in die wind dien geen koning
Seerower, vry soos die lug
N Gebrande brug breek in die branders
Terugkyk het nog niks gesond gemaak nie.