Karolis Karolis van dwarskersbos
Is 'n weskusklong van so ses voet ses
Sy hand so groot soos 'n pesangtros
Met sy voete die trap hy die klippe so los
Karolis Karolis is 'n bul van 'n man
Kan enige ding met sy kaalhande vang
By Sophie sy meisie is hy soos 'n lam
verlief oor sy ore vir haar is hy bang
Ja hy hou van die see en 'n lekker koppie tee
En hy's lief vir sy ma en hy's lief vir sy pa
Hy se hokaai, wag nou, ho nou, kom nou
Ag toggie los my 'seblief net alleen
Hy se hokaai, wag nou, ho nou, kom nou
Ag toggie los my 'seblief net alleen
Karolis Karolis ag se tog vir my
Waarvandaan jy daardie paar bakbene kry
Jy hol soos 'n haas en nooit nie kan vang
Karolis Karolis wat maak jy tog nou
Ek's besig om vir Sophie 'n huise te bou
Die ring is geloop en die antwoord was ja
Ek't vreeslik gestitotter toe ek haar via
Ja hy hou van die see en 'n lekker koppie tee
En hy's lief vir sy ma en hy's lief vir sy pa
Hy se hokaai, wag nou, ho nou, kom hou
Ag toggie los my 'seblief net alleen
Hy se hokaai, wag nou, ho nou, kom hou
Ag toggie los my 'seblief net alleen
Karolis Karolis die is toe getroud
Soggens vang hy vis en seans kap hy hout
Die vis word verkoop en die geldtjes gespaar
Want een van die dae is karoolsie mos daar
Karolis Karolis die sit op sy kas
Sy Sophie is besig om wasgoed te was
Die wind is te sterk om die see in te vaar
Die mandjie vol wasgoed die moet jy nou dra
Ja hy hou van die see en 'n lekker koppie tee
En hy's lief vir sy ma en hy's lief vir sy pa
Hy se hokaai, wag nou, ho nou, kom hou
Ag toggie los my 'seblief net alleen
Hy se hokaai, wag nou, ho nou, kom hou
Ag toggie los my 'seblief net alleen