We do not have a sample of this song ):

Theuns Jordaan's picture

Kinders van die Wind

(View album: Kouevuur - Die musiek van Koos du Plessis)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2551 views

play button



40% accurate

Ek ken 'n ou, ou liedjie
Van lewenswel en wee
Van lank-vergane skepe in

Die kelders van die see

Die woorde is vergete
En tog, die deuntjie draal
Soos vaag-bekende grepies in
'N Baie ou verhaal

Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is
Sou net 'n kind kon raai

Swerwers sonder rigting
Soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind.

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..