As ek aan jou dink raak ek weg
My oë val toe en ek word, weggevoer op vlerke van die wind
As ek met jou dans voel dit reg
Die sterre skiet en ons los spore op die maan, en die melkweg
Daar is van jou langs my maak my lyf vanaand
Ek sal verewig net hier by jou wees en met jou dans vanaand
En kyk waar is ons nou
Ek is mal oor jou
Ons het so ver gekom want almal het gesê: "Daai twee sal nooit mekaar lief kan hê nie"
En kyk waar is ons nou
Ek is mal oor jou
Dit het so lank gevat maar nou kan niemand niks meer sê
Ek het nooit gedink ek sal jou lief kan hê
Op hierdie oomblik voel ek jou, as jy arms om my vou en ek voel die Hemel wyk
As ek met jou dans voel dit reg
Die sterre skiet, en ons los spore op die maan, en die melkweg
Daar is van jou langs my maak my lyf vanaand
Ek sal verewig net hier by jou wees en met jou dans vanaand
En kyk waar is ons nou
Ek is mal oor jou
Ons het so ver gekom, want almal het gesê: "Daai twee sal nooit mekaar lief kan hê nie"
En kyk waar is ons nou
Ek is mal oor jou
Dit het so lank gevat maar nou kan niemand niks meer sê
Ek het nooit gedink ek sal jou lief kan hê
Jou huis is waar jou hart is
Jou hart is hier by my
En dit sal verewig net hier bly
En kyk waar is ons nou
Ek is mal oor jou
Ons het so ver gekom, want almal het gesê: "Daai twee sal nooit mekaar lief kan hê nie"
En kyk waar is ons nou
Ek is mal oor jou
Dit het so lank gevat maar nou kan niemand niks meer sê nie
Ek het nooit gedink ek sal jou lief kan hê