We do not have a sample of this song ):

Bobby van Jaarsveld's picture

Laat My Lewe

(View album: Wat Geld Nie Kan Koop Nie)



40% accurate

Daar is plek in die son vir jou en my
En ‘n doel in die lewe
En die pad wat ek volg wat my daarheen lei
Is gemaak vir ‘n rede

As jy weet wie jy is en waarheen jy gaan
Is die reis soveel beter
Want jy val en jy leer om weer op te staan
Dit los jou met die wete

Dat dit bly net ‘n keuse
Dis my keuse

Laat my lewe laat my sing
Laat my val en weer begin
Ek sal opstaan en weer aangaan
Met wat die lewe vir my bring

Laat my lewe vir vandag
Laat my huil en laat my lag
Ek wil myself wees en leer liefhê
Dis wat ek vir jou wil hê

Daar is altyd ‘n deur om oop te maak
Dis die gang van die lewe
En die sleutel hou jy in jou hand
Maar so min van ons weet dit

Dis my doel om te groei tot waar ek moet wees
En myself te vergewe
Ek wil weet hoe dit voel om vry te wees
Vry van die verlede

In my soeke na vrede
Dis my keuse

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..