Jy moet jou kom lekker hou
Excuse me as jou ma dink ek’s rude
maar ek’s opsoek na ‘n dude
hy verskaf dwelms op die platteland
loop rond soos ’n pimp uit die 80’s
nee allemagtig, jou sussie sê
‘Hy’s pragtig”
Tragies maar ek sal hom moet vind
dis sy menings wat my bind
Aan die wêreld my kind
Dis sy filosofie,
’n Psychology,
Platter van simplicity
Jy moet jou kom lekker hou
Accuse me maar ek het lankal ophou deal
ek lees nou Danielle Steel
self published in die klein koerant
Ek kort nie jou approval nie
jy’s ’n fallacy nes die hemel
op die platteland
Luister, luister maak jou ore tuit
Ek blaf nie ek byt
Wees eerder bang as spyt
As jy van my beats hou
Hier’s iets om aan te kou
Kook en geniet my ou
Jy moet jou kom lekker hou
Ai kind die vrede is verniet
tug jouself oor die verdriet
want met omkyk wyk die werklikheid
jouself in die voet geskiet
al is die waarheid beskikbaar
verklaar aan my die onsigbaar
dis die wenner wat die storie vertel
en so skep jy jou eie hel
Skryf ‘n wens op die pens van die mooi meta man
In die mean time less screen time en onthou
Jy moet jou kom lekker hou