We do not have a sample of this song ):

Fokofpolisiekar's picture

Lied van die slang

(View album: Selfmedikasie)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2443 views

play button



40% accurate

O, hel
Hel is om alleen te wees
Hel is om mekaar te vrees
Hel is om oud te raak en om genadedood te smeek

Wrakke wat wag
Soos skepe in die nag

Om buite te wees
Dis beter om buite te wees
Beter as binne, waar goed kan breek
Dis beter om buite jouself te wees

Uiteindelik kompos
Ons stoot die daisies op
Neem kamertemperatuur aan
Waarheen het die tyd gegaan?

Ja, die aarde is my graf
Geboue my grafsteen
Ek het ontstaan met die skepping
Ja, ek is in elkeen

Ons gaan in rye staan
Burokratiese hiernamaals

O, hel
Hel is om kwaad te gaan slaap
Hel is haat koester in jou hart
Hart kruip kanker
Sluip serpentyn
Gaan my kop teen die stuurwiel stukkend kap

Uiteindelik kompos
Ons stoot die daisies op
Neem kamertemperatuur aan
Waarheen het die tyd gegaan?

Ja, die aarde is my graf
Geboue my grafsteen
Ek het ontstaan met die skepping
Ja, ek is in elkeen

Voor die hemelpoorte oopgaan
Gaan ons in rye staan:
Wrakke wat wag
Soos skepe in die nag

Die lig gebring
Die pad gewys
Ons leer sing
En ons leer skryf
Hy is in jou
Hy is in my

Die duiwel is in die detail

Die lig gebring
Die pad gewys
Ons leer sing
En ons leer skryf
Hy is in jou
Hy is in my

Die duiwel is in die detail.

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..