My hande vertel ‘n verhaal van kinders
Wat veg vir die laaste straal
‘n Legkaart argief van ons seer
Ons eie donker simfonie
Getoonset volgens ons probleem
Weerklink als van jou wat my vervreem
Vertroos deur die skildery
Van ons verlate tree
Verdoof teen hierdie duister
En konstant geskree
Ek onthou my laaste gedagte
En ‘n sagte kreun
Na die laaste kers sal jy klou
Al weet jy gaan mens so bruidloos moet trou
Tot die dood van ons hou jy toe die deur
Ingehok verloor jy meer as beheer.