We do not have a sample of this song ):

Neil Somers's picture

Middernagland

(View album: Hierdie Hande)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2165 views

play button

40% accurate

Ons vra nie vir veel nie net goeie hout
En ‘n ietsie vir die keel en die koue
Om weg te kom van die stad’s lawaai
Die verkeer, die stres en geboue

In gloeiende kole raak ek verlore
Hier soek ek in die donker na myself
Maar my siel dans in die vlamme hier voor my
En ek hoef nie te diep te delf nie

In die middernagland waar die winterure brand
Hang ‘n kameeldoringboom oor bedelaars in die laatse uur
En ons vra vir ‘n stukkie warm
Ons besef hier m, ons is arm
Want ons siele kry net kos langs ‘n bosveldvuur

En in die plaasdam hang die maan
En dryf in die rippelwater soos ‘n kleine oseaan
Dit kabbel oor klip en kleilat modder
En ek wonder waarheen het die tyd gegaan?

In die middernagland waar die winterure brand
Hang ‘n kameeldoringboom oor bedelaars in die laatse uur
En ons vra vir ‘n stukkie warm
Ons besef hier m, ons is arm
Want ons siele kry net kos langs ‘n bosveldvuur

‘n vlou paar kole word saamgekrap
Vir die pot met die sawwelyf so vier of vyf
Die boeretroos en stories oor gister
Begin die koue weg te dryf

In die middernagland waar die winterure brand
Hang ‘n kameeldoringboom oor bedelaars in die laatse uur
En ons vra vir ‘n stukkie warm
Ons besef hier m, ons is arm
Want ons siele kry net kos langs ‘n bosveldvuur
Want ons siele kry net kos langs ‘n bosveldvuur.

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..