Ek word wakker en ek mis jou hier by my
Daar’s geen manier hier uit
Een tree vorentoe en twee weer agteruit
Vir altyd is nou verby maar
Dis ok dat jy my
In my donkerste uur verlaat het
Miskien sal hierdie seer eendag deel van ons word
Miskien sal ons weet hoe ons storie afkort
Want ek sien jou in alles hier rondom my
Dis asof my kop met my hart baklei
Want dit was ek en jy
Ek en jy so vinning verby
Sou jy my onthou?
Soebat en smeek so moeg gebreek
Maar ek bly lief vir jou
Miskien sal hierdie seer eendag deel van ons word
Miskien sal ons weet hoe ons storie afkort
Want ek sien jou in alles hier rondom my
Dis asof my kop met my hart baklei
Ek weet net hoe om stil te staan
Ek weet nie hoe om weer aan te gaan
Net weer aan te gaan
Om weer aan te gaan, aan te gaan
Miskien sal hierdie seer eendag deel van ons word
Miskien sal ons weet hoe ons storie afkort
Want ek sien jou in alles hier rondom my
Dis asof my kop met my hart baklei
Want dit was ek en jy
Dit was ek en jy
Was dit verkeerd om my alles te gee ?
My hart lê in die see.