Wanneer jy wegraak in ‘n neolig nagdans
Verloor ek myself in die middernag blues
Wat bloei deur my Hifi, iets kouds op standby
Gun my ‘n oomblik om hier te vertoef
Ek verloor jou op die bodem van ‘n glas vol KWV
Dis die derde keer die week wat ek myself oorgee
Maar jou stem raak nie stil nie
Al staan die glase leeg
Nog een glas en jy is uitgevee
Maar die vuur is al uitgebrand
Soek vrede aan die anderkant
Wat ek nie sou gee nie
Om jou te hoor nie
Om jou te sien nie
Om jou te voel nie
Myself te wees nie
Baklei teen spoke wat my wil verdrink
Ek raak uitasem as jy eers insink
Al slaan ek water om bo te bly
Hoor ek jou woorde en ek begin weer gly
Ek verloor jou op die bodem van ‘n glas vol KWV
Dis die derde keer die week wat ek myself oorgee
Maar jou stem raak nie stil nie
Al staan die glase leeg
Nog een glas en jy is uitgevee
Maar die vuur is al uitgebrand
Soek vrede aan die anderkant
Wat ek nie sou gee nie
Om jou te hoor nie
Om jou te sien nie
Om jou te voel nie
Myself te wees nie
Maak neoligte jou blind
Sal jy jouself weer daar vind
En gaan jy weer jou hart kom kry?
Of moet ek hom eers hou vir nou
Sal ons alles dalk berou
Of moet ons eers nog honger bly?
Dis die derde keer die week wat ek myself oorgee
Maar jou stem raak nie stil nie
Al staan die glase leeg
Nog een glas en jy is uitgevee
Maar die vuur is al uitgebrand
Soek vrede aan die anderkant
Wat ek nie sou gee nie
Want jou stem raak nie stil nie
Al staan die glase leeg
Nog een glas en jy is uitgevee
Maar die vuur is al uitgebrand
Soek vrede aan die anderkant
Wat ek nie sou gee nie
Om jou te hoor nie
Om jou te sien nie
Om jou te voel nie
Myself te wees nie.