Jy’s ondankbaar en ontydig
Stil tog onstuimig
Genoeg vir nou
Dalk sal ek oor jou wonder
Onder bloekomboom somers
Jou leemte effe berou
Weet jou ma waar jy is
Weet jou pa waar jou kop rus
Vlug jy steeds saam met die wind
Bang vir ’n sitkamerstel
My skat jou sogenaamde hel
Net nog ‘n kind
Ek het lankal ophou droom
Van ons huis in Potchefstroom
Kinders wat lag in die agterplaas
Ek het lankal ophou wag
Vir die vreugdevolle dag
As jy jou liefde aan my verklaar
Weet jou vriende jy is moeg
Geskryf aan ’n kamstige boek
Of lieg jy steeds so mooi dis waar
Weet jou ouma haar blomme-kombers
Is gebrand met daai goedkoop kers
Of lieg jy selfs vir haar
Ooooo
As jy wil lepellê
is ek steeds in die Vrystaat
Hou verby daar
In die banke van my kleintyd-kerk
Berou ek jou my grootword-merk