We do not have a sample of this song ):

Ricus Nel's picture

Osbraai Op Kromdraai

(View album: Om Die Vuur)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  1420 views

play button



40% accurate

Osbraai op Kromdraai, almal is daar
Van heinde en verre kom almal saam
Die oupas en oumas rus op die stoep
Ver in die verte, 'n jakkals wat roep

Die vure die knetter, die kinders ringskink
Tant Lenie is besig om koffie te skink
Die son trek al water, skemer is hier
En almal tevrede om braaivleis te vier

Want ons hou
Osbraai op Kromdraai, almal is daar
Van heinde en verre kom almal saam
Die oupas en oumas rus op die stoep

Ver in die verte 'n jakkals wat roep
Oom Hansie van Gansbaai speel die kitaar
Die arme ou misvloer, die kry maar swaar
Die nooientjies staan eenkant, almal te fraai
In kêrels se oë word liefde verraai

Want ons hou
Osbraai op Kromdraai, almal is daar
Van heinde en verre kom almal saam
Die oupas en oumas rus op die stoep

Want ons hou
Osbraai op Kromdraai, almal is daar
Van heinde en verre kom almal saam
Die oupas en oumas rus op die stoep

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..