Opstaan kitare ingepak
Maak los jou hare vir die pad
Ons dans soos flinders in die wind
Een ding is seker my bra
Hierdie is ‘n bybelse plaag
Gaan huil maar by die crossroads
Hoor hoe huil my ou blou blues kitaar
Trap lug die duiwels op jou spoor
Hyt al jou geheime reeds gehoor
Lugloop more skyn die son
Vriende maak jou blindelings die luiaard se treurwoorde sing
Gaan huil maar by die crossroad
Hoor hoe huil my ou blou blues kitaar
Laat ons sing
En liefde bring
Kom ons drink
Op ‘n nuwe begin
Maar stop eers by die crossroads
Hoor hoe sing my ou blou blues kitaar
Boekdele sal musiek laat praat
Waar woorde al hoe minder raak
Drie chords sal jou hart laat bloei
Ons jaag nou die horison
Wie weet wat more nog sal Kom
Maar stop eers by die crossroads
Verkoop jou siel vir ‘n ou blou blues kitaar.
Laat ons sing
En liefde bring
Kom ons drink
Op ‘n nuwe begin
Maar stop eers by die crossroads
Hoor hoe sing my ou blou blues kitaar
Maar stop eers by die crossroads
Hoor hoe sing my ou blou blues kitaar.