Jy lê hier op ‘n dekstoel
Op my oop balkon
‘N ligte briesie speel deur oop skuifdeure
Draai spoke in die kantgordyn
My hande huiwer waar pêrels en saffier
Oor jou rug kom speel en fyn haartjies rys
Wat vra vir die streel van vingerpunte wat jy voel
Soms innig soms ligsinnig
Safran speel oor die see
As die son sak tussen lyne van purper en smarag
Jy bind my met jou glimlag
In die laaste lig, om jou groet die dag
Buite spat die kleure oor die horison
En binne vloei die rooiwyn deur verhale
Draai spoke deur die kristal
Die slaap kom huiwer oor lakens vir satyn
En buite hang die maan teen oop skuifdeure
Draai spoke teen die donker muur
Safran speel oor die see
As die son sak tussen lyne van purper en smarag
Jy bind my met jou glimlag
In die laaste lig, om jou groet die dag
Safran speel oor die see
As die son sak tussen lyne van purper en smarag
Jy bind my met jou glimlag
In die laaste lig, om jou groet die dag
Safran speel oor die see
As die son sak tussen lyne van purper en smarag
Jy bind my met jou glimlag
In die vroegaand lig, om jou groet die nag.