We do not have a sample of this song ):

Francois Henning (Snotkop)'s picture

Plat Plaasmatras

(View album: Sous)

40% accurate

Ek is nie vreeslik fancy nie, ken nie Dirty Dancing nie
Maar ek sê: "sho, sho, sho", jy's 'n freaky bietjie "joh, joh, joh"
Jy's so lekker soos my ma se kos, vir jou maak ek my litte los
Maar ek sê: "sho, sho, sho", jy's 'n freaky bietjie "joh, joh, joh"
En op my stoep gaan ons nie koekies bak nie
En om die hoek gaan ons nie doekies omdraai

Ek smaak jou te kwaai
As ek jou vat, vat, vat ek jou nie fliek toe nie
As ek jou vat, vat, vat ek jou nie dorp toe nie
As ek jou vat, hooo-weee-hooo
Vat ek jou vas, op die plaas se matras
(Plaasmatras)

Daai plaasmatras, sal jou verras
Dis 'n plat matras, maar jy sal skuins op daai matras pas
Daai plaasmatras, sal jou verbaas
So hou net vas aan daai plat plaasmatras
(Plaasmatras)

My gras is ook nie groener nie, vang nie rides in Uber nie
Maar ek sê: "sho, sho, sho", jy's 'n freaky bietjie "joh, joh, joh"
Ek bench nog nie 80 nie, my bakkie's ook nie haastig nie
Maar ek sê: "sho, sho, sho", jy's 'n freaky bietjie "joh, joh, joh"
En in die skuur gaan ons nie tande tel nie
Agter die muur gaan ons nie stokkies draai-draai

En as daai matras te plat is, dan's daar nog altyd die plaasdam
En as die plaasdam te koud is, vat ek jou doer na die soutpan
Sho, as ek jou in die koöperasie weer raakloop
Joh, gaan ek vir ons 'n warm bersie koop
As ek jou vat, vat, vat ek jou nie fliek toe nie
As ek jou vat, vat, vat ek jou nie dorp toe nie
As ek jou vat, hooo-weee-hooo
Vat ek jou vas, op die plaas se matras.

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..