Die wêreld begin
In die oë van 'n kind
Weet jy ek het jou
My lewe lank gedroom?
As ek oud word
Sal jy jou kuns vir my kom wys?
Die vyand is oorwin
Of vêr weggesluit
Weet jy ek het jou
In die donker uitgeroep?
As ek oud word
Sal jy jou kinders my kom wys?
Ons is net uitgeleverde vlinders
In die wind, in die wind
Hoe bring, nee, wapper jy nou rigting
In my terug , in my rug
Is nou my tweede kans?
Is die êrens so besluit?
Weet jy ek sou jou
By die Here terug gaan vat?
En tot my oudag
Die prys vir jou betaal
Ons is net uitgeleverde vlinders
In die wind, in die wind
Hoe bring, nee, wapper jy nou rigting
In my terug , in my rug