We do not have a sample of this song ):

Elandré's picture

Rugsak

(View album: Rugsak)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  3756 views

play button



40% accurate

Sit by my, jonger jy
Hier’s ‘n verhaal wat jy nie in ‘n storieboek kry nie 
Belowe dis waar
Daar’s ‘n gelukkige einde daarna 
Die lewe is nie net luister en lees
Dit is om jouself te wees en te onthou
Daar’s net een van jou

Eendag gaan jy inkleur met al die kryte in die boks
Eendag gaan jy optel wat jy moes los
So moet jou nie bekommer oor die pad nie
Moet nie alles kop toe vat nie
Dis nie oor die grootste kasteel in die sandpit
Maar meer oor wat in jou hart sit
So vat jou pak, leer ken gemak
En sit dit alles in jou rugsak

Jy sal maar moet vertrou dat alles hier binne jou
So met rede gemaak is maar dink vir jouself
Ek weet dit klink na baie vir ‘n seuntjie van elf
Wees eerlik en gun elkeen hul son
Wie weet more draai die wiel dalk in ‘n ander rigting
Maak vrede in verpligting

Eendag gaan jy inkleur met al die kryte in die boks
Eendag gaan jy optel wat jy moes los
So moet jou nie bekommer oor die pad nie
Moet nie alles kop toe vat nie
Dis nie oor die grootste kasteel in die sandpit
Maar meer oor wat in jou hart sit
So vat jou pak, leer ken gemak
En sit dit alles in jou rugsak

Soms ek weet tyd loop stadig
En om te sit en net te wag, dit is aardig 
Maar jy het net een verhaal so skryf dit in jou taal
Want dit is net vir jou om dit te gaan haal

Eendag gaan jy inkleur met al die kryte in die boks
Eendag gaan jy optel wat jy moes los
So moet jou nie bekommer oor die pad nie
Moet nie alles kop toe vat nie
Dis nie oor die grootste kasteel in die sandpit
Maar meer oor wat in jou hart sit
So vat jou pak, leer ken gemak
En sit dit alles in jou rugsak

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..