Tussen my en jou
‘n Onsigbare lyn wat ons saam hou
Botter en brood, elke nood
Beelde wat ons twee kan saam hou
Woorde wat sweef in die Melkweg
Melodieë dryf in die wyn
Saam skryf ons songs oor die lewe
En basser dit op liefde en pyn
Ek skryf die musiek wat pas by jou hartklop
Wat ek sing met my kop op jou bors
Wat ek suinig wil spaar tot jy saam sing
Dat ek nooit die woorde sal mors
By jou kom die note so maklik
Die liriek met ‘n wonderskoon lyn
Ons skryf ons songs van liefde
So soet, so soet soos die kaap se wyn
Jy ken my hartklop se ritme
Die spoed wat net jy dit kan maak
Stadig as jy by my lê
En in my arms aan die slaap raak
In harmonie haal ons asem
In ons drome word liefdjie geskryf
Ek praat in my slaap van ‘n engel
Maar hier lê jy teen my lyf
Ek skryf die musiek wat pas by jou hartklop
Wat ek sing met my kop op jou bors
Wat ek suinig wil spaar tot jy saam sing
Dat ek nooit die woorde sal mors
By jou kom die note so maklik
Die liriek met ‘n wonderskoon lyn
Ons skryf ons songs van liefde
So soet, so soet soos die kaap se wyn
Ons lewe die mooiste lied
Wat ons saam geskryf het
En en jy elke dag ‘n nuwe vers
Wat net aan en aan hou
Ek skryf die musiek wat pas by jou hartklop
Wat ek sing met my kop op jou bors
Wat ek suinig wil spaar tot jy saam sing
Dat ek nooit die woorde sal mors
By jou kom die note so maklik
Die liriek met ‘n wonderskoon lyn
Ons skryf ons songs van liefde
So soet, so soet soos die kaap se wyn.