We do not have a sample of this song ):

Elvis Blue's picture

Spore

(View album: Afrikaans)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  3210 views

play button



40% accurate

Het jy al ooit gevoel jy wil oor begin
Op 'n ander plek 'n nuwe lied gaan sing
Wou jy al ooit dinge agterlaat
Net jou oë toeknyp en droom en waag

Kry my op die pad die pad
Waar die dromers loop
Son oor ons skouers
Ons oë vol hoop
Kom saam, kom saam
Dis al wat dit kos
Ek en jy is gemaak
Om spore te los

Ek weier om te glo dat ons kleur verdof
Dat die dinge hier ons uit sal stof
Ons kan kies wat ons glo, ons kan kies wat ons dink
Ons kan kies hoe ons voel en hoe ons woorde klink

Ek weier om te glo dat ons kleur verdof
Dat die dinge hier ons uit sal stof
Ons kan kies wat ons glo, ons kan kies wat ons dink
Ons kan kies hoe ons voel en hoe ons woorde klink

Het jy al ooit gevoel jy wil oor begin
Op 'n ander plek 'n nuwe lied gaan sing

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..