We do not have a sample of this song ):

Spoegwolf's picture

Stukkend

(View album: Droombrief)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2459 views

play button



40% accurate

Dit reën in Bethlehem
Ek was lanklaas by die huis
Jy stuur foto's wat die amandelbome wys

Hoe raas jou oë soos die skemer se see
Jou klere wolk weg voor die maan
Ek het verdwaal, en ja, dis seer
Maar baie is al erger deur

Jou stem is soet
Ek hoor dit wel
Maar ek het oud geword en
My kop is seer
Jou woorde drom
Ek is vêr van als

Ons het nie tot hier gekom om op te gee nie
Jy dink ek's stukkend? Jy't geen idee nie
Kyk hoe trek ons teëstand oor die heuwel saam
Kyk hoe hulle hardloop

Ek het jou in my donker leer ken
Jy was die glinsering van goud
Ek het geskarrel soos 'n eekhoring
deur jou woud

Môre is ek weer op die pad
Ek dra jou oral met my mee
Soms as 'n droom
Soms as 'n wolkbreek-miltsteek

Jou stem is soet
Ek hoor dit wel
Maar ek het oud geword en
My kop is seer
Jou woorde drom
Ek is vêr van als

Ons het nie tot hier gekom om op te gee nie
Jy dink ek's stukkend? Jy't geen idee nie
Kyk hoe trek ons teëstand oor die heuwel saam
Kyk hoe hulle hardloop
As ek opstaan

Ja, jy
Staan los
Van die skare
Trek my nader
(Ons het nie tot hier gekom om op te gee nie
Jy dink ek's stukkend? Jy't geen idee nie)

Kyk hoe trek ons teëstand oor die heuwel saam
Kyk hoe hulle hardloop
As ek opstaan

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..