Was 'n warm dag en ek sit op die treinspoor
Êrens langs die pad van Windhoek na Swakopmund
Ek probeer my sorge los daar naby Usakos
Maar niemand weet hoe ek voel
Dis die eerste keer wat my hart gebreek word
Êrens op die pad van hartseer wat ek moet leer
En ek huil my trane soos riviere
Jy het dit geweet toe jy my los
As ek my pad terug na jou hart kon vind
Sou ek my alles weer in jou oë kom vind
En ek belowe jou, ek belowe jou my hart
Sal nooit kan weet wat daar vir jou wag môre
Êrens langs die pad van gister en weer probeer
Probeer die tekens lees sover ek aangaan
En almal weet wat ek voel
En almal weet wat ek voel
As ek my pad terug na jou hart kon vind
Sou ek my alles weer in jou oë kom vind
En ek belowe jou, ek belowe jou my hart
En alles wat daar was, alles wat daar is sal ek onthou
Alles wat daar was, alles wat daar is het ek nog altyd vertrou
As ek my pad terug na jou hart kon vind
Sou ek my alles weer in jou oë kom vind
As ek my pad terug na jou hart kon vind
Sou ek my alles weer in jou oë kom vind
En ek belowe jou, oh, ek belowe jou my hart