Ek was tien jaar oud toe my Pa my vra
My kind weet jy waar kom jy vandaan
Een oggend in Van Riebeeck laan
Ek slim in die kar ek, ek ry saam
Die pad was mooi die pad was lank
Toe klim ons uit aan die anderkant
My Pa vat my saggies aan my hand
Hy sê: ‘my kind jy’s hier vandaan… Welkom
Hierdie is jou tuisdorp
Hier is die lewe kort
Ek hey verlief geraak op jou ma
Nou is ek jou pa
Hierde is jou tuisdorp
Hiet het jy grootgeword
Ons kyk mekaar in die oë
Genade kom van bo
Alles wat ons het is wat ons glo
Hierdie is jou tuisdorp
Jare later voor my Pa se graf
Ek onthou sy woord en sy warm hand
Daai oggend in die platteland…. Ooooh
Eks ook nou ‘n familie man
Ek werk elke dag doen wat ek kan
As my kind grootwoord sal sy verstaan
Dat wie jy is, is jou kom vandaan..en ek sal se
Hierdie is jou tuisdorp
Hier is die lewe kort
Ek het verlief geraak op jou ma
Nou is ek jou pa
Hierdie is jou tuisdorp
Hier het jy grootgeword
Ons kyk mekaar in die oë
Genade kom van bo
Alles wat ons het is wat ons glo
Hierdie is jou tuisdorp
Ek wil huistoe gaan vanaand
Weer huistoe gaan na my Ma en my Pa
Maar die tyd stap altyd aan
Jy sal verstaan my kind
Jy sal eendag verstaan
Hierdie is jou tuisdorp
Hier is die lewe kort
Ek het verlief geraak op jou ma
Nou is ek jou pa
Hierdie is jou tuisdorp
Hier het jy grootgeword
Ons kyk mekaar in die oë
Genade kom van bo
Alles wat ons het is wat ons glo
Alles wat ons het is wat ons glo
Hierdie is jou tuisdorp.