Was verras, toe jy hier langs my stilhou
Jy weet net waar om my te kry
Jy sê ek moet klim en vashou
Ek sou nie wou agterbly
Ek vou my arms om jou middel
Hoe het ons so gesukkel, om by mekaar uit te kom
Want dit's tyd om te lewe
Vandag is môre se gister
Dis okay om te bewe
Die onbekende roep my na
Ek sal moet wag om te wen
Want tyd staan nie vir niemand stil nie
En daar's nêrens in die wêreld waar ek eerder sou wou wees as saam met jou nie
As hier saam met jou
Voel die wind waai, woes hier deur my hare
Ek soek jou al vir jare
Dis tyd om 'n kans te vat
Jy klim binne in my hart
Geen tyd om met myself te stry nie
So sal niemand liefde kry nie
Is ek bedoel vir jou?
Waar was jy al hierdie jare?
Ek hou my asem op vir jou en my
By jou wil ek wees
Want dit is tyd om te lewe
Vandag is môre se gister
Dis okay om te bewe
Die onbekende roep my na
Ek sal moet wag om te wen
Want tyd staan nie vir niemand stil nie
En daar's nêrens in die wêreld waar ek eerder sou wou wees as saam met jou nie
As hier saam met jou
Ek sal moet wag om te wen
Want tyd staan nie vir niemand stil nie
En daar's nêrens in die wêreld waar ek eerder sou wou wees as saam met jou nie
As hier saam met jou