We do not have a sample of this song ):

Spoegwolf's picture

Vêr

(View album: Dryf)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2090 views

play button



40% accurate

As dit donker om my word
As my voete wegsak
In die swart klei grond
As die skare almal skree
Maar niemand my ken nie
Niemand my gewig
Of die krake onder my gesig kan sien nie

Dan gaan ek vêr, vêr
Agter in my hart, jy's vêr
Ek en jy is klein, klein en verward
Niks kan deur die skuiling
Van die liefde breek nie

As my brien in duie stort
En betekenis wegraak
Met jou spore op die grond
As net jou woorde in my is
In my ribbes weergalm
Niks my stil of kalm
Geen droom of drank of dwelm in my werk nie

Dan gaan ek vêr, vêr
Agter in my hart, jy's vêr
Ek en jy is klein, klein en verward
Niks kan deur die skuiling
Van die liefde breek nie

Get this song on
Apple Music

Get this song on
Spotify

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..