Die foto teen my muur is nog daar, daar waar jy hom laas gehang het, teen die muur en teen my hart
Herinneringe klou aan my, aan en aan tot dat ek, nie meer kan gaan nie
Ek kan dit nie verstaan nie, ek moet bly
Die donker waarheid maak my seer, en dit is nie die eerste keer
Die woorde in my kop, kan ek nie keer
Dit voel of ek kan vlieg vanaand, die hemel raak
'n Ketting van die sterre maak, my vlerke sprei
'n Klippie op die maan vir jou gaan kry
Dit voel of ek kan vlieg vanaand, die hemel raak
Vir almal wys ek het 'n fout gemaak, vergewe my
Dit alles sal ek doen om jou terug te kry, terug by my
Daar's silhoeëtte teen my muur, van elke oomblik elke uur, wat ons gedans het deur die nag
Die datums ego in my kop
Die dae het so lank geword vandat jy weg is
Ek het gemaak of alles reg is hier by my
Die donkere waarheid maak my seer, en dit is nie die eerste keer
Die woorde in my kop, kan ek nie keer
Tyd laat my nou terug verlang, my hart is seer, dit raak nou lank
Die hemel weet hoe ek verlang na jou.