Jy vra dat ek die handdoek aangee
Nee, nie joune noe
Als is suurlemoen en son
Jy soek 'n rok om te dra
Nee, nie daai een nie
Daar dans 'n kind in ons gordyn
Ek wil nou al my planna ruil
Alles wat ek gedoen het
Vir 'n Sondag by die huis
Jy bring die blomme uit die voortuin
Blomme uit die voortuin
Voel jy dit ook? Waar jy gaan, waar jy gaan?
In al die rook is dit ons wat saam
Deur die heelal van die skemer uitbrand
Deur die heelal van die skemeruitbrand
Ek wou die wêreld hê
Noudat ek ouer is sou ek meer wou gee as gryp
Ons word soos brode gebreek
Om ander te dien
Met die laaste van my lyf
Wil ek nou al my planna ruil
Alles wat ek gedoen het
Vir 'n Sondag by die huis
Jy bring die blomme uit die voortuin
Blomme uit die voortuin
Voel jy dit ook? Waar jy gaan, waar jy gaan?
In al die rook is dit ons wat saam
Deur die heelal van die skemer uitbrand
Deur die heelal van die skemeruitbrand