Die lewe's kort, maar die naweek wil nie kom nie
En ek het te veel tyd gemors hier in die son om iemand anders ryk te maak
Tel sekondes af tot 5uur, tot ek alles pak en uit skiet en vergeet van dit wat pla
Maar dis 'n Vrydagaand
En ek moet huis toe gaan
Maar ek wil dans tot die son begin om op te kom
'n Vrydagaand aan die einde van die maand
En ek het net genoeg vir om my te hou
Geld is op en die yskas raakie collie
As jy suiker soek vir koffie moet jy iewers anders klop, want mynes klaar
Nes die gate in my sokkies, het ek lankal ophou worry, want vanaand wil ek ontspan