Haar huis is klein
Haar nes is groot
Haar skip is leeg
Haar net vol
Wat is 'n huis
Sonder 'n moeder
Die mans jag pryse
Trofees en reise
Is almal. nou wortels
Jaag almal nou hase
Wat is die renner
Sonder 'n verhoorder
Sy val van die krans
Sonder kussingvere
Sy val hard vir hom
Hals oor kop met sere
Wat is die verdwaal in die bos
Sonder krummels hustoe
Wat is die winter
Sonder my kombers
Wat is die nag
Sonder haar kers
Wat is die verdwaal in die bos
Sonder krummels huistoe
Wat is die arend
Sonder sy roep
Wat is die oupa
Sonder sy stoep
Wat is 'n huis
Sonder 'n moeder