1763 views
Jacob Mynhardt Louw (gebore 20 Mei 1979 te Oudtshoorn) is 'n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur. Hy het aan Hoërskool D.F. Malan gematrikuleer en het na skool B.Com Algemeen aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer Hy is bekend vir treffers soos "Drie Pikkewyne", "Bamboesbos", "Gemaak in SA", "Voshaarnooi" en die "Hoendersong".
Op sy album Gemaak in SA het hy 'n groot treffer gehad met "Een miljoen woorde". Hy tree ook saam met Kevin Leo onder die verhoognaam Jakkals en Leo op. Reeds op hoërskool het hy saam met Viljoen Retief, Christiaan Wood en Colin Johnson die musiekgroep Stone Analysis gestig. Hy het as musikant begin op Stellenbosch en het later na Pretoria verhuis. In daardie jare het hy treffers soos "Rambo die polisiehond" en "'n Bottel Tas" gesing. Louw is die outeur van die boek Liedjieskrywer 101, waarin hy mense leer hoe om liedjies te skryf en met ritme en rym te werk. Hy het die boek aan sy pa, Nico Louw, opgedra. In 2018 stel Jakkie sy kinderstorie boek bekend, Felias en Pokkel.
TBC Published: 2021