En ek glo nog dat Engele ons besoek
As berge of stroke son
Jy wip jou hare as jy dans
Dalk is die Heer in die ritme
Gisteraand loop ons in
Loop ons op
Loop ons op
In ‘n dorp vol kolle water
Drink ons wyn
En jy huil jy namens my
Namens ons
Namens God
En in die hel van soek hey jy
Toe daai huisie in die reën gekry
En ek glo nog dat Engele ons besoek
As berge of stroke son
Jy wip jou hare as jy dans
Dalk is die Heer in die ritme
Vermom
Buite word alles gebrand en gebreek
Maar ek en jy is klaar daardeur
Het jy die hand gevoel?
Dit gaan okay wees, belowe
Dis deel van die plan
In al die hel van soek het ons
Toe daai oomblik in die reën gekry
En ek glo nog dat Engele ons besoek
As berge of stroke son
Jy wip jou hare as jy dans
Dalk is die Heer in die ritme
Vermom
Ek sien jou
Soms in ander se huil
Ek hou jou in al my verandering
Ons stad op die berg
Dring deur die wolke.